Ons stigter – Ds Abraham Kriel


In 2025 vier Abraham Kriel Kinderhuis sy 123ste bestaansjaar. Sedert 1902 dien dit as 'n veilige hawe vir verwaarloosde en kwesbare kinders – moontlik gemaak deur die lewensroeping van een man.

Oorsprong

Ds. Abraham Paul Kriel is op 1 Maart 1850 in Franschhoek gebore – die elfde kind van Margaretha Louisa en Jacobus Petrus Kriel. Op 30-jarige ouderdom voltooi hy sy teologiese studie en betree die diens van die Here.

Die eerste kinderhuis

Na die Anglo-Boereoorlog en die griepepidemie van 1918 het talle kinders wees gelaat. In 1902 stig ds. Kriel ’n kinderhuis in Langlaagte, Johannesburg. Hy weier dat hulle as “weeskinders” bekend staan en vestig die eerste erkende kinderhuis in Suid-Afrika.

Uitbreiding

Teen 1956 kon Langlaagte nie meer die groeiende getalle kinders hanteer nie, en is 80 kinders is in ’n veetrok na Potchefstroom vervoer. Hulle het aanvanklik in tente gebly terwyl vier huise, ’n saal en personeelverblyf gebou is.

Nylstroom Kinderhuis

Die NG Kerk Nylstroom het toe ingetree. Die munisipaliteit het 20 ha grond geskenk, en bouwerk het in 1958 begin. In 1959 het die eerste kinders hul intrek geneem.

Die organisasie het op 13 Maart 2002 as ’n organisasie sonder winsoogmerk geregistreer en op 18 Januarie 2017 hul nuwe naam amptelik geregistreer.

Danksy ds. Kriel se visie en roeping is duisende kinders tot volwassenheid versorg en het hulle ’n kans op ’n beter lewe gekry.

Ondersteun Ons