Skoolverlaters toer en leer noodhulp in Hazyview


Van 27 tot 30 April het twaalf van ons skoolverlaters die voorreg gehad om aan ’n geakkrediteerde noodhulpkursus in Hazyview deel te neem – ’n waardevolle toevoeging tot hul CV’s.

Die kursus is kosteloos aangebied deur Marius van Staden, en die kinders is gratis gehuisves by Ons Plek Lodge. Boonop het hulle ook ikoniese plekke soos die Mac Mac Poele en -waterval besoek – ’n onvergeetlike ervaring!

Tydens die uitstappie is ook gefokus op lewensvaardighede wat hulle sal help wanneer hulle die kinderhuis verlaat: hoe om ’n begroting op te stel, slim aankope te doen, en self maaltye te beplan. Ná ’n praktiese inkopietoets het hulle gou agtergekom:

“As jy drie maaltye wil eet, is pizza nie altyd die beste opsie nie!”

Marius het bevestig dat die volgende groep skoolverlaters ook hierdie geleentheid sal kry. Ons sê opreg dankie aan hom én aan Ons Plek Lodge vir hul ongelooflike bydrae tot ons kinders se toekoms.
We are deeply grateful to him and to Ons Plek Lodge for the incredible gift they have given our children’s future.

Ondersteun Ons