Beatrix hardloop 85 000 treë van hoop


Op Sondag, 27 April het Beatrix Thornhill, sjef van Johannesburg, die London Marathon ten bate van die Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom aangedurf.

Wat as persoonlike terapie begin het, het in iets dieper ontaard: ’n pad van hoop. Beatrix het haar liefde vir hardloop omskep in ’n daad van omgee. Sy het haar 85 000 treë gewy aan die uitdagings wat ons 170 kinders daagliks in die gesig staar op hul pad na ’n beter toekoms.

Elkeen van die ongeveer 85 000 treë wat Beatrix gedurende die London Marathon gehardloop het, was vir haar verteenwoordigend van die uitdagende pad wat die 170 Abraham Kriel-kinders moet stap na ʼn beter toekoms.

Ons het tydens haar voorbereiding ’n beroep op ons netwerk gedoen: mense van regoor die wêreld het ’n tree teen R15 geborg. Die fondse wat so ingesamel is, sal gebruik word om ons kinders se psigiese behoeftes te ondersteun – spesifiek berading en terapie.

Welgedaan, Beatrix! Jou hart inspireer ons kinders en AKK-vriende.

Ondersteun Ons