
Wintervakansie-opwinding vir ons kinders
Gedurende die Junie-skoolvakansie is daar verskeie uitstappies gereël vir ons kinders wat ongelukkig nie die geleentheid gehad het om huis toe te gaan nie.
Vir die meeste kinders was dit die eerste keer wat hulle wilde diere in lewende lywe kon sien – van slange wat om hulle hande seil en baba-krokodille wat vasgehou is, tot ʼn onmoeting met die majestueuse en reusagtige olifante by Adventures With Elephants.
Hierdie ervarings is spesiale herinneringe wat hulle – te midde van hulle verlange huis toe – kan koester.
Ons wil graag ʼn spesiale dankie sê aan die instansies wat ons kinders verwelkom en ondersteun:
- Hartbeespoortdam Snake and Animal Park
- Cheetah Conservation
- Bounce Crocs
- Adventures With Elephants
Sulke vakansie-avonture sou nie moontlik wees sonder mense wat bereid is om te gee nie. As dit nie vir ons vriende se goedhartigheid was nie, sou hierdie kinders waarskynlik drie weke tussen vier mure deurgebring het. Dankie dat julle help om ʼn wêreld van verskil te maak in die lewens van ons kinders.
Met September om die draai, wag daar weer ʼn paar interesante, leersame en opwindende uitstappies.
