Kinderhuis fietsryprojek met Johan Joubert


Die Abraham Kriel Kinderhuis in Nylstroom loods ʼn opwindende nuwe projek in samewerking met Johan Joubert, ambassadeur van Zinplex en eggenoot van een van ons kinderversorgers.

Johan wil sy liefde vir fietsry en marathons aanwend vir die ontwikkeling van kinders in die kinderhuis en gemeenskap. Hy betrek reeds 14 kinders uit die gemeenskap by fietsry-afrigting. Daar is egter ʼn behoefte om ook belangstellende Abraham Kriel-kinders by die projek in te sluit.

Ongelukkig beskik ons tans nie oor die nodige fietse en toerusting om aan die kinders beskikbaar te stel nie.

Me. Margo de Jager is opgewonde om by die projek betrokke te wees en is deur die kinderhuis gemagtig om moontlike borge te werf. Enige finansiële bydrae of bydrae in natura sal opreg waardeer word. Artikel 18a-sertifikate sal vir belastingdoeleindes voorsien word.

 

Jy kan jou donasie direk in ons bankrekening inbetaal:

Bankbesonderhede:

Abraham Kriel Nylstroom Fonds

Bank: ABSA

Tak: Modimolle

Takkode: 632005

Rekeningnommer: 4113 3977 88

Verwysing: Jou selfoonnommer en "fiets"

Die selfoonnommer as betalingsverwysing help met naspeurbaarheid en verseker verantwoordelike kommunikasie - en databestuur, sodat ons jou nie onnodig kontak nie.

 

Vir enige verdere navrae, stuur asseblief 'n e-pos na [email protected] of [email protected]

Ondersteun Ons