
Erfenisdag by Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom
Op 24 September het die kinders en personeel van die Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom Erfenisdag saam met die res van Suid-Afrika gevier. Dit was ʼn spesiale dag wat ons herinner aan die ryke verskeidenheid tradisies wat ons land saambind.
Die dag was gevul met kleurvolle kleredrag, musiek, dans en heerlike kos. Van melktert, koeksisters en biltong tot mopaniewurms, souskluitjies en smoorvleis. Elke dis het ʼn unieke kultuur weerspieël.
Hierdie jaar is die erfenis van Sepedi, Tsonga, Venda, Zoeloe, Batswana en Afrikaans met trots uitgestal. Elke groep het iets besonders ingebring: die Sepedi se sterk gemeenskapswaardes, die Tsonga se ryk landbou-erfenis, die Venda se spiritualiteit, die Zoeloes se musiek en dans, die Batswana se ubuntu, en die fokus op Afrikaanse gasvryheid en familie was.
Vir ons kinders was dit ʼn waardevolle ervaring om nie net hul eie agtergrond te vier nie, maar ook die tradisies van ander te leer ken en te waardeer. Só besef ons almal dat ons diversiteit ons grootste rykdom is wat mense en gemeenskappe nader aan mekaar bring.
