UXi Sport en Limpopo Blou Bulle Internasionale Rugbyinstituut maak drome waar


UXi Sport bestaan uit ses institute landswyd, insluitende in Modimolle, waar die Limpopo Blue Bulls International Rugby Institute gevestig is. Hierdie programme bied aan jong mans die kans om ná skool hul rugbydrome te volg in ʼn topprestasie-omgewing.

Wat maak UXi Sport uniek?

  • Die fokus val op rugby en akademie.
  • Spelers kan vir sportgerigte en besigheidskwalifikasies studeer.
  • ʼn Stewige toekoms word verseker, selfs as ʼn rugbyloopbaan kortgeknip word.

Die Limpopo Blue Bulls International Rugby Institute huisves tans 30 spelers. Hulle beskik oor ʼn gimnasium, oefenvelde en ʼn sterk ondersteuningsnetwerk. Omdat die spelers op die plaas woon, vorm daar ʼn hegte broederskap en lewenslange vriendskappe.

Een van die kernwaardes van UXi Sport, “Toegewy aan Diens”, word prakties uitgeleef deur hul gereelde besoeke aan die Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom. By ons kry kinders die kans om weer kind te wees – om te speel, te lag en te leer rugby speel. Tegelykertyd leer die besoekende rugbyspelers om te dien, talente terug te ploeg in die gemeenskap en om die lewe met sy voorregte te waardeer. Só groei beide groepe en dikwels weet ons nie wie dit die meeste geniet nie!

Baie dankie aan UXi Sport en die Limpopo Blue Bulls International Rugby Institute vir die verskil wat hulle in die kinders se lewens maak.

Ondersteun Ons