Donasies stroom in vir Abraham Kriel se fietsryprojek – dankie aan Keter Technologies


Na afloop van die bekendmaking van die kinderhuis se nuwe fietsryprojek onder leiding van Johan Joubert, het daar verskeie donansies ingestroom. Die Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom wil graag ons opregte dank uitspreek teenoor Keter Technologies – en spesifiek Keoma en Ezette Bezuidenhout – vir die ruim skenking van twee fietse en valhelms.

Hierdie fietse word met groot opgewondenheid gebruik deur twee van ons graad 1-leerders wat onder Johan Joubert se leiding afrigting ontvang. Saam met Keoma (Jnr) en verskeie ander seuns en dogters uit die gemeenskap, neem hulle deel aan ʼn prettige en gesonde oefenprogram – ʼn wonderlike geleentheid om sportmangees, dissipline en spanwerk te ontwikkel.

Ons twee jong fietsryers geniet elke oomblik op hul nuwe fietse, en die valhelms pas perfek!

Sulke bydraes is kosbaar; dit gee ons kinders blootstelling aan sport, versterk hul selfvertroue en help hulle om nuwe vriendskappe te vorm.

Die Abraham Kriel Kinderhuis waardeer Keter Technologies se omgee en betrokkenheid opreg, en ons bid dat God julle besigheid ryklik sal seën vir die verskil wat julle maak.

ʼn Spesiale woord van dank gaan ook aan Johan Joubert vir die gratis afrigting wat hy met soveel toewyding aan die Abraham Kriel-kinders bied – jou tyd, sorg en passie dra werklik vrug in hul lewens.

Vir meer inligting oor hierdie projek, kontak gerus vir Johan by 083 417 3376.

Ondersteun Ons