
Passiespel raak harte by Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom.
Op 1 April is Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom se jaarlikse passiespel by die kinderhuis aangebied. Teen sononder in Nylstroom het ʼn stilte en afwagting oor die skare gedaal terwyl die Paasverhaal ontvou het.
Ons kinders en personeel het elke toneel met oorgawe op die planke gebring en die gehoor op ʼn besondere manier by die verhaal betrek. Die uitbeelding van Jesus se tyd saam met sy dissipels, die nagmaal, Judas se verraad en Jesus se uiteindelike arrestasie het ʼn diep emosionele indruk gemaak. Die tonele van Jesus se pad na die kruisiging het die gehoor in stilte aangegryp en hulle opnuut herinner aan die diepte van God se liefde en opoffering.
Die passiespel was vanjaar, soos elke jaar vantevore, veel meer as net ʼn opvoering: dit was ʼn besondere geloofsbelewenis wat die boodskap van Paasfees opnuut lewend gemaak het in die harte van almal wat dit bygewoon het.
Kyk na die hoogtepunte van ons passiespel hier.
