Projek sonpanele


Die uitdaging van elektrisiteit en die verhoogde elektrisiteitskostes het die kinderhuis genoop om planne te maak om hierdie ongelooflike hoë, maar onontbeerlike uitgawe maandeliks meer bekostigbaar te maak. ʼn Belegging in 196 sonpanele wat 81kW elektrisiteit opwek, kan ʼn besparing van tot ʼn derde van ons elektrisiteitsrekening teweegbring. Die feit dat ons 48 geisers op ons terrein het, is ʼn verdere uitdaging wat die Beheerraad laat besluit het om van hittepompe in plaas van geisers gebruik te maak. Ons berekening dui daarop dat ons binne 40 maande die kostes van die toerusting sal verhaal waarna ons drasties op eletrisiteitskostes sal bespaar.

Die algemene toestand van die elektrisiteitstelsels van die kinderhuis is egter ʼn knelpunt. ʼn Interessante feit is dat wyle Gé Korsten die elektrisiën was wat die kinderhuis se elektrisiteit in 1957 geïnstalleer het. Sedertdien was daar nie genoeg instandhouding gedoen nie en het dit kritiek geraak om die elektrisiteitstelsel op te gradeer. Soos wat ons huise opgradeer word, poog ons ook om die elektrisiteitstelsel van die betrokke huis oor te doen.

Ondersteun Ons