Koffie met Kwêla: Besoek aan Abraham Kriel Kinderhuis


Die Kwêla-span was onlangs op soek na 2024 se “Dorp van die Jaar”. Met Modimolle op die lys van finaliste, het die span die Abraham Kriel Kinderhuis op 5 Junie besoek. Die kinderhuis, wat in 1902 gestig is, is al dekades lank deel van die Modimolle-gemeenskap.

Hoewel die Kinderhuis al ouer as ʼn eeu is, is sy koffiewinkel splinternuut. Aanbieder Andre Weideman en sy span was baie beindruk met die koffiewinkel, wat in 2019 gestig is. “Hulle wou geweet het hoekom is die koffiewinkel ʼn spesiale plek vir ons is,” sê Gerda van der Merwe, Abraham Kriel se uitvoerende hoof. “Dit is spesiaal omdat “ons die kinders ʼn geleentheid kan gee om te groei en ontwikkel, en ‘n geleentheid [ook kan skep] om die gemeenskap op die terrein te kry, sodat hulle kan sien wat by die kinderhuis gebeur.” Die koffiewinkel is dus ʼn brug tussen die kinders en hul gemeenskap, en ʼn belangrike deel van die lewe in Modimolle.” Geen wonder dat die kinders “baie opgewonde en trots” was om die koffiewinkel met die Kwêla span te deel nie! Om meer van die dorp en die koffiewinkel te siene te kry, kyk Kwêla se “Dorp van die Jaar”-episode van 16 Junie.