
Abraham Kriel Kinderhuis bied 'n feestelike markdag aan!
Op Saterdag 14 Junie het die Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom weer fees gehou en dit was uitdie boonste rakke!
Daar is al reeds van Donderdagmiddag gewerkskaf om die terrein skoon te maak, krag na te gaan en tafels en stoele rond te dra.
Die feestelikheid het vroeg op die pragtige wintersoggend begin met die reuk van koffie wat in die lug gehang het. Ons uitstallers was ook vinnig op hul pos om hulle produkte uit te pak en besoekers welkom te heet.
Daar was ʼn groot verskeidenheid produkte te koop, van suurdeegbrood, heunig en konfyt tot vetplante en houtprodukte. Ons lyndansers het ook die feesgangers vermaak met hulle danspassies.
Ons was oorweldig deur die positiewe terugvoer wat ons van feesgangers ontvang het:
Ons is oorstelp deur die poitiewe terugvoer wat ons van die feesganger ontvang het: “Daar was behoorlik iets vir almal. Jammer as jy nie daar was nie. Dankie Abraham Kriel,” het Jacobyne van Niekerk gesê. Anne-Marie Fivas Buchling het die oggend ook baie geniet en het die kinderhuis bedank vir al hulle beplanning en harde werk.
Die fondse wat tydens die fees ingesamel is, sal aangewend word om ons lopende projekte te ondersteun.
Annie le Roux van die Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom meen dat die dag ʼn reuse sukses was ten spyt van die koue. Die kinderhuis is baie tevrede en dankbaar dat alles goed afgeloop het. “Nou lê ons talentkonsert en Liggiefees nog voor. Met die steun wat ons deurlopend van die gemeenskap ontvang, is dit twee geleenthede waarna ons almal baie uitsien.”
