Loof Hom in die Bosveld-gospelfees lok ondersteuning vir ʼn goeie doel


Op 23 Mei 2026 het Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom die eerste Loof Hom in die Bosveld-gospelfees by die Weesgerus Oord aangebied. Dié fees is gehou om fondse in te samel vir die 170 kinders in ons sorg.

Mense van Limpopo en omliggende omgewing het saamgekom vir ʼn dag vol gospelmusiek, lofprysing en saamwees. Jo Black, Franna Benade, Arnold de Wet, Onbeskaamd, Willie Joubert, Louis Loock en Bernice het deur die loop van die dag opgetree en die Here se lof besing.

“Ons is baie dankbaar vir elkeen wat die dag bygewoon het, asook die kunstenaars borge, uitstallers en vrywilligers wat gehelp het om die dag moontlik te maak,” sê Gerda van der Merwe, uitvoerende hoof van die kinderhuis. “Elke kaartjie wat gekoop is, elke stalletjie wat ondersteun is en elke donasie wat ontvang is, dra direk by tot die versorging, ontwikkeling en toekoms van die kinders in ons sorg.”

Vir ons kinders was dit besonders om te sien hoe die gemeenskap saamstaan en wys dat hulle omgee. Baie dankie aan almal wat gehelp het om van hierdie dag ʼn sukses te maak.

Ondersteun Ons